Die maak van ‘n steggie behels dat ‘n klein deeltjie van ‘n ouerplant versigtig verwyder word; met die regte sorg, klimaat en groeimedium vestig dit sy eie wortels en groei tot ‘n onafhanklike plant. Presies so benader Steggies Kleuterskool ook die menswording van ons kinders. Die skool het in 2014 sy deure geopen met ‘n visie: ‘n liefdevolle plaas-skooltjie te vestig te midde van pragtige natuurskoon, waar individuele aandag en ‘n familie-gevoel voorop staan.
Saam met elke ouer werk die skool daaraan om ‘n klimaat te skep waarin kinders kan wortelskiet en tot hul volle potensiaal ontwikkel as gebalanseerde, vrydenkende individue. Ondanks die uitdagings van Covid-19 gaan die skool steeds voort op die plaas in Devonvallei, Stellenbosch, in ‘n ruim, gasvrye plaashuis met ‘n gevestigde tuin waar kinders na hartelus kan speel en leer. Besoekers is welkom om self te kom kyk en te ervaar hoe maklik dit voel om ‘n kind hier met gemoedsrus te los.
🌱 Wat ons bied
Aftercare, art & culture, breakfast, dance, lunch
Meals provided, outdoor activities, parent app
Sport & movement, créche through Grade R
Plaas-skool omgewing, Afrikaanse medium
📍 Kontak
Location: Devon Valley Rd, Stellenbosch
Hours: Monday – Friday 07:00 – 17:30
Author: FIND MY NURSERY
The founders of Find My Nursery. Under the Umbrella of FM DIGITAL SOLLUTIONS
Sorry, no records were found. Please adjust your search criteria and try again.
Sorry, unable to load the Maps API.
7600


